Pepermossie Venue in Bloemfontein


Ons Venue is ontwerp met al die natuurlike elemente van hout, klip, baksteen en sement. Groot houtdeure wat kan oopswaai op wye stoepe en lowergroen grasperke laat die natuur toe tot binne-in die lokaal. Die rustigheid van die natuur word genooi om sommer te kom nesmaak hier neffens jou. Die Mossie is n stukkie hemel op aarde waar mense net kan ontspan en al die mooi geniet.. Die elemente is vasgevang met regte ouwêreldse flair binne die lokaal. Pasgemaakte groot houtafels en stoele voltooi die feestelike atmosfeer. Ons fokus is op fyn detail, en die individuele behoefte van elke gas. Gaste kan net terugsit ontvang indrink en verfris terugkeer na hulle tuiste. Die dekor is verfrissend mooi met n tikkie nostalgie en eg Suid Afrikaanse kultuur. Die voorsit en aanbieding van ons voedsel en alle verwante kosse is geurig met flair en styl en vars garnering. Keurig en Smaaklik.

Boomryke laning

In aanloop tot die venue is daar ‘n boomryke laning en tuine wat dit sag omvou. Ook diè laning kan vir die spesiale bruid en bruidegom aangewend word vir hulle seremonie. Sommige verkies om in die skadu van die bome hulle beloftes af te lê. Dit word ook aangewend vir funksies indien dit jou behoefte is en die weer saamspeel.

Kliplaning

Die kliplaning is ‘n ander trots van ons Venue. Eg Vrystaatse ysterklip (eie aan ons omweging) is sorgvuldig gepak onder groot bome tot aanloop van ons nuwe opelug kapel.Twee groot houtdeure verwelkom die gaste by die ingang na die kapel. Wat kan nou lekkerder wees as om in ‘n kliplaning onder bome te loop en jou droom word verwesenlik.

Opelug Kapel

Groot klipmure en swaar houtbalke vorm ons kapel. Die digte plantegroei omring die kapel en die deursigtige dak laat toe dat jy die wolke kan sien saamspeel in die wind. Veilig teen die elemente van ‘n skielike Vrystaatse reënbui, maar met asemrowende uitsig, vind die seremonie in die buitelug plaas. 'n Skouspel uit die natuur wat net die SKEPPER van als kan tooi.


© Pepermossie Venue. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Pepermossie Venue.

Cellphone: 082 824 1021
Cellphone: 083 265 4629
Fax: 086 566 8256
Email:
info@pepermossie.co.za

WEBSITE, SEO & CMS BY QUICKSOLVE INTERNET